Saturday, April 26, 2008

BAIE WONINGS - Johannes 14:1-7

Afrikaans

1. Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo in My.

2. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

3. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

4. En waar Ek heengaan, weey julle en die weg ken julle.

5. Thomas sê vir hom: Here. Ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?

6. Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

7. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.

No comments: