Saturday, April 26, 2008

INLEIDING

0638 - Afrikaans

J. Conley

In die volgende studie, die skrifte in gebnrike sal beperk wees tot die wat gevind word beginnende in die boek van Handelinge en eindig in die boek van Judas. Die rede hiervoor is om vennrarring te vermy. Handelinge is 'n boek van geskiedenis. Dit hou senvoudig net rekord van gebeurtnisse soos dit plaasgevind en bevat geen figuudike taalgebruik. Die briewe vanaf Romeine tot Judas is briewe geskrywe aan verskillende gemeentes en individuele. Dit is praktiese instruksies vir daardie gemeentes en individu’s. Dit moet gelees en letterlik aanvaar word. Die briewe was geskrywe aan die mense in hul eie taal. Die doelwit was om die mense te leer in letterlike taal hoe orri God en Sy Seun te dien.


As iemand die Bybel lees moet hy weet dat geen skrif ooit `n ander gedeelte van die skrif betwis nie. In ander woorde, alle skrifte stem ooreen. Ook dat skrifte kan nie minder beteken as wat dit se nie, dit mag meer beteken in die lig van ander skrifte: In ander woorde, wanneer ons ander skrifte lees oor dieselfde onderwerp dan werp hulle lig op die moeilik verstane skrifgedeeltes. God wil nie die verwar nie. As die mens God se woord will aanvaar soos dit is en nie probeer om dit te verander nie sal daar geen verwarring wees nie.


ln doop en en die Heilige Gees bestaan daar baie verwarring. Die rede vir die verwarring is omdat die mens nie God se woord aanvaar soos dit is nie. Hulle probeer om dit te verander en bring sodoende verwarring.

DIE DOOP

Die woord doop in die Bybel beteken dompel. Sprinkeling kan in geen manier oorweeg word as doop in die Bybel. Sprinkeling vemietig die idea van die dood, begrafnis, en opstanding van die dode. In die studie wanneer ons praat van doop praat ons van onderdompeling. Wanneer 'n persoon gedoop is volgens die skrifte, plaas die persoon sy vertroue en die dood, begrafnis, en opstanding van Jesus. Ook die persoon wat gedoop woed geniet `n sterfte van sy sonde, `n begrafiis van die ou mens van sonde en `n opstanding tot in `n nuwe lewe in Christus. Alles hierdie is verlore in Sprinkeling.


NIE `N WERK


Doop in the Bybel word nooit as 'n "werk" genoem of as sodoende gedink nie. Die mens vandag noem dit `n "werk " in Kolossense 2: 12 lees ons.


"Dit het by die doop gebeur deurdat Julle toe saam met Hom begrawe is. Deur Julle verbondenheid met Hom is Julle ook saam met Hom opgewek, omdat Julle glo het in die krag van God wat Hom uit die dood opgewerk het."


Ook in Galasiérs 3:26_27


"Want Julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het Julle met Christus beklee." (1953 vertaling)


Doop is "Geloof in die werking van God." Doop is die geloof dat ons onsself beklee met die geregtigheid van Christus en word "Kinders Van God." Doop verseker nie redding. Dit is geloof in die dood, begrafnis, en obstanding wat in instaat is om te red.


NET EEN DOOP


Volgens Skrifte is daar net een doop vandag. Efesiërs 4:4_6 sê: "Daar is net een liggaam en net een Gees, soos daar net een hoop is waartoe God Julle geroep het. Daar is net een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal: Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon."


Daar word van meer as een doop melding gemaak in die Bybel, soos die doop van luding, die doop van Johannes, en die doop van die Heilige Gees en vuur. Maar daar was net een doop staande toe Paulus die brief aan die Efesiërs skryf. (Die Heilige Gees doop sal later bespreek word in die Heilige Gees afdeling.) Christelike doop is die enigste doop wat beloftes inhou vir mense vandaag. Die beloftes is "Vergewing van sondes en gawe van die Heilige Gees." Handelinge 2:38.


DOOP VIR DIE VERGEWING VAN SONDE


Die doop water is nie dit wat red of sondes wegneem nie. Die bloed van Christus is die enigste ding wat sondes kan weg neem. Hoe die bloed van Christus en die doop gemeen het met mekaar sal later bespreek word.


Handelinge 2:38 sê: Toe antwoord Petrus hulle: "Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die naam van Jesus Christus. Dan sal God, julÏe sondes vergewe, en sal julle die Heilige Gees as gawe ontvang."

Handelinge 22:16 sê: "En nou, waarom nog wag? Kom laat jou doop en jou sondes afwas nadat jy sy naam aangeroep het."


Hierdie skrifgedeeltes kan nie minder beteken as wat dit sê nie, maar, dit beteken meer in die lig van ander skrifte. Die skrif wat meer lig werp is die verse in Romeine 6:3_11 wat lees:


"Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom is Sy dood. begrawe, sodat, soos Christus deur die heerlike magsdaad van die Vader uit die doop opgewek is, ons ook so in nuwe lewe kan lei.


"Aangesien ons met Hom een geword het in Sy dood, sal ons sekerlik ook met hom een wees in sy opstanding. Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is sodat ons sondige bestaan beeindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. Iemand wat gestert het, is immers vary van die mag van die sonde. Ons het saam met Christus gesterwe, daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor hom nie. Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe hy, en hy lewe vir God. Julle moet dus altyd onthou dat julle vir die sonde dood is maar vir God lewe, omdat julle een is met Chnstus Jesus."


Wanner iemand skriftelik gedoop is, is hy "gedoop in Christus Jesus." Hy is "gedoop in sy dood." Jesus het sy bloed gestort in sy dood.


Johannes 19:33_3 sê:


"Toe hulle egter by Jesus kom en sien dat Hy al klaar dood is, het Hulle nie sy bene gebreek nie. Maar een van die soldate het met die spies in sy so gesteek, en daar het dadelik bloed en water uitgekom."


Die manier van Jesus se sterfte was die oorsaak van die bloed wat gestort het. In sy dood gee Jesus sy bloed. In die doop word ons "Gedoop in sy dood" waar Jesus sy bloed gestort het.


Die Bybel is baie duidelik om te së "Begrawe MET HOM deur díe doop." Dit is nie "soos Hy" dit is nie "as Hy" en dit is nie "vir Hom." Die Bybel se "met Hom." "Met" beteken saam of verenig. In vers 5 is dit die woord in gebruik. "Aangesien ons het Hom een geword het in sy dood" Tydens die doop laat ons Christus se dood die plek in neem van die dood wat ons so ontvang vir ons sonde, Romeine 6:23. Verenig in die dood waar sy bloed gevloei het, die bloed neem die sondes weg.


In die lig van Romeine 6:3_11 het Handelinge 2:38 en 22:16 meer betekenis. In Romeine 6:6 die ou sondige mens is "Gekruisig" of laat sterwe. Sonde kan nie die persoon wat gedoop is in Christus se dood beheer nie. Vers 7 sê daardie man is "vry van sonde." Die gedoopte persoon het sy sondes vergewe want Christus se dood het die plek ingeneem van die sondide mens. Die bloed van Jesus het die sondige mens gereinig.


Geeneen kan `n lewe begin alvorens sy sondes vergewe is nie. "Romeine 6:3_11 maak dit duidelik wanneer die dopeling opstaan uit die doopwater hy opstaan om in `n "Nuwe lewe te wandel." Die lewe wat die persoon lewe na die doop is `n lewe vir God. Tydens doop word `n persoon "lewend vir God in Christus Jesus." ook "as ons dan saam met Christis gestert het; glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe."


Kyk na Galasiërs 3:27 weer; "Want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee." Die persone wat "gedoop is in Christus" maak nie staat op hulle eie regverdigheid vir redding maar het hulle met Christus beklee. Christus het hulle regverdheid gewoord en hulle het hul beklee met Christus vir redding. Persone wat gedoop is plaas hulle "geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het." Kolossense 2:12.


1 Petrus 3:2i sê; "Die doop red ons nou." Dit het niks te doen, om te was om die vuicheid van die liggaam te verwyder. Doop is `n "Bede tot God om `n goeie gewete _ deur die opstanding van Jesus Christus." Hoe kan enige persoon `n goeie gewete het as hy nog in sy sonde lewe? Doop maak ook ons gewete skoon want vergifnis van sonde kom tydens doop deur die dood, begrafnis, en opstanding van Jesus Christus.


DIE DIEF AAN DIE KRUIS


Die vraag ontstaan altyd. Wat van die dief aan die Kruis? Daar is geen rekord van hom dat hy gedoop was nie maar Jesus het hom gese dat hy sal saam met Hom in paradys wees Die antwoord tot die vraag word gevind in Hebreërs 9:15_17 wat sê:


"daarom is hy ook die MIDDELAAR VAN 'N NUWE VERBOND. Sy doop het plaasgefind om mense te verlos van die oortreding wat onder die eerste verbond begaan is, sodat die wat geroep is, die beloofde ewige erfenis kan ontvang. Dit is soos met `n testament: Daar moret eers bewys word dat die testamentmaker dood is, want 'n testament word alleen geldig by die dood van ‘n testamentmaker, dit word nooit van krag so lank as hy nog leef nie."


Die dief aan die kruis het nie gelewe onder die Nuwe Testament maar onder die Oue. Hy het gesterwe voor dat die Nuwe Testament in werking was. Hy het gesterwe onder die wet en nie onder genade. Toe die bloed van Jesus gevloei het en sy dood bevestig was. Het `n Nuwe Testament in werking getree. In die Nuwe Testament persone moet "bekeer en gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang."


DIE HEILIGE GEES


Die Nuwe Testament was die Helige Gees aan die mens gegee in drie verskillende maniere. (1) Direk vanaf die Hemel, Handelinge 2:1_5. (2) Hand oplegging van die Apostels, Handeling 8:17_18 and 19:&7. Een (3) tydens doop, Handelinge 2:38 and 19:2_5. Daar is `n spesifieke rede vir elkeen en `n definitiewe doel waarom die Heilige Gees gegee was ‘n verskillende maniere aan verskille persone.


DOOP IN DIE HEILIGE GEES


In Handelinge 1:1_5 belowe Jesus die Apostels dat hulle van die Hemel krag sal ontvang. Die Apostels moes in Jerusalem bly tot Hulle die krag ontvang het. Handelinge 1:5 sê; "Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne `n paar dae met die Heilig Gees gedoop word."


Jesus het die Aposteis dit belowe en hulle is dit wat dit ontvang. het. In die laaste gedeelte van Handelinge, hoofstuk 1, het die gelowiges `n plaas vervanger gekies wat Judas se plek moes inneem saam met die twaalf. Die gekose een was Mattias "en was in getal met die elf "Apostels." Beginnende in hoofstuk twee "was hulle almal op een plek bymekaar." Dit is duidelik dat die bynaamwoord "hulle" verwys na die Apostels want dit is die naaste naamwoord vir die bynaamwoord om na te verwys.


Verder bewys is dat "Petrus, staan met die elf" nie die hondred en twintig, Handelinge 2:14.


Die rede is, die hondred en twintig het nie die doop van die Heilige Gees ontvang nie. Ook in Handelinge 2:43, "die Apostels het baie wonders en tekens gedoen," Die Apostels was die enigste wat wonderwerke gedoen het tot en by hoofstuk ses van Handelinge wanneer die "handoplegging" plaasvind. Alhoewel die Apostels alleenlik wonderwerke en tekens verrig het, het God nog altyd die Heilige Gees gegee aan die wat glo, Handelinge 2:38 en 5:32.


Die doop van die Heilige Gees het direk gekom vanaf die hemel met die geluid "soos van `n geweldige stormwind." "Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het." Hulle het in ander talle begin praat. Wat gebeur het toe die Heilige Gees gekom het, kon gesien en gehoor was. Handelinge 2:33 sê "Hy het die Heilige Gees wat belowe is, van die vader ontvang en uitgestort. Dit is wat Julle nou sien en hoor."


Die volgende rekord van die Heilige Gees se koms in soortgelykemanier is opgeteken in Handelinge 10:44_48. Dit het kom as bewys aan die Jode dat die heidene ook di Evangelie moet ontvang soos hulle. Ons weet dat dit is presies soos wat gebeur het in Handelinge 2 om dat in Handelinge 11:15. Petrus vertel die gebeurtenis aan die Jode en sê, "Skaars het ek begin praat, of die Heilige Gees kom op hulle net soos op ons in die begin." In die begin het die Heilige Gees direk gekom vanaf die Hemel, met die geluid soos van `n geweldige stormwind, hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle kom sit het. Die voorval in Handelinge 10 is ten minste sewe jaar later as die voorval in Handelinge 2. Petrus het dit nie weer gesien na Pinksterdag, sewe jaar tevore, want hy se "die Heilige Gees het op hulle gekom net soos op ons in die begin." Die eerste Jode het die Heilige Gees ontvang op hierdie manier en so ook die eerste heidene. God is geen uitsoeker van persoon.


DIE HEILIGE GEES DEUR DIE HANDOPLEGGING VAN DIE APOSTELS


In die sesde hootstuk van Handelinge het die werk van prediking en die uitdeling van goedere te veel geword vir die Apostels.''Daarom was daar sewe manne gekies wat "vol was van die Heilíge Gees." Hulle was voor die Apostels geplaas. Die Apostels het "gebed en die hande opgelê." In Handelinge 6:8 ons lees dat Stefanus (een van die sewe) "het groot wonders en tekens onder die volk gedoen." In Handelinge 8:6 die mense van Samaria "het aandagtig na sy prediking geluister." (Ook een van die sewe.) "Toe die mense hoor wat hy verkondig en die wonders sien wat hy doen." Die wonderwerke is opgeteken in vers 7. In Handelinge 5:12 allenlik die Apostels het wonderwerke gedoen. Maar in hoofstuk 6, na die handoplegging van die Apostels het ander ook wonderwerke gedoen.


Alhoewel Filippus hierdie wonderwerke kan verrig was hy nie instaat om dit oordra na die Samaritane. Maar in Handelinge 8:14 toe die Apostels in Jerusalem hoor dat Samaria ook die Evangelie geglo het, het hulle die Apostels Petrus en Johannes gestuur wat daar "gaan bid het dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want die Gees het nog nie op een van hulle gekom nie; hulle was net in die naam van die Here Jesus gedoop. Die Apostels het hulle die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang." In Handelinge 8:18 "toe Simon sien dat die mense die Gees ontvang as díe Apostels die hande ople, het hy hulle geld aangebied."


In Handelinge 19:6_7 het Paulus hand opgelê vir "ongeveer twaalf" manne wat vorige dissipels was van Johannes en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het in tale gespreek en geprofeteer." Paulus bewys sy Apostelskap in 1 Korinthiërs 9:1_2.


VERDUIDELIKING


Waarom was die Heilige Gees gegee in hierdie twee rnanier? (1) Die doop van die Heilige Gees, en (2) Die Heilige Gees deur die handpleglegging van die Apostels. Albei het tekens en wonders bevat. Beide het die ontvanger in staat gestel om een of meer wonders te verrig, soos die spreek van tale. profesie of gesondmaking. Die antwoord is in 1 Korinthiërs 13:8_13. Wanneer `n persoon 1 Korinthiërs lees, moet hy onthou dat hoofstuk 12, 13, en 14 handel oor die gawes van die Heilige Gees. In 1 Korinthiërs 13:8 Paulus sê:


"Maar profesieë _ hulle sal tot gaan, of tale _ hulle sai ophou, of kennis - dit sal tot niet gaan."


Paulus vertel in verse 9 en 10 wanneer dit sal gebeur:


"Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan."


Volmaak beteken net "Voltooi" of "heel" niks meer.


Die Bybel is volmaak of voftooi Johannes voltooi die boek van openbaring ongeveer 95 n.c. en geen boek was aygevoeg sedert daardie tyd. Die Bybel is volmaak. Dit het al die inligting wat ons nodig het om God te leer ken. Die "wet van die vryheid" of Bybel word volmaakte genoem in Jakobus 1 :25.


Alhoewel die Bybel vir ons voltooid is, het die Apostels en hulle dikekte leerlinge nie die Nuwe Testament gehad nie. Die kekens wat hulle ontvang het van die Heilige Gees moes dien as hulp totdat die "volmaakte" of "Nuwe Testament" voltooid was. Hierdië tekens as deel van die groet van `n baba gemeente tot ‘n volwassw een, 1 Korinthiërs 13:11.


Die Nuwe Testament, wanneer voltooid, sou die mens wys presies soos Hy is, 1 Korinthiërs 13:12 en Hebreërs 4:12_13. Met die voltooing van die Nuwe Testament die profesiee en kennis (inspirasie om skrifte te skryf) "sal tot niet gaan" en die "tale" sal ophou.


Dit is ook bewys in geskiedenis. Die kerkvaders (hierdie wat getuies was van die Apostels of wie vriende van iemand was) vertel dat die tekens en wonders of gehou het by die tweede eeu (150_200n.c.) Johannes was die laaste Apostel en het gesterf ongeveer 95_97 n.c. Op wie Johannes ook die hande gele het sal die laaste wees wat instaat sou wees om wonders te doen. Die wonderwerke was nie meer langer nodig. Die Nuwe Testament is voltooid (volmaakt). Die gemeente het vanaf `n pas gebore baba in Jerusalem of Pinksterdag tot `n werêld_wye liggaam gegroei, Kolossense 1:23.


Hierdie gawes van die Gees word ook in ander skrifte melding gemaak soos 1 Timoteüs 4:4 en 5:22. In 2 Timoteüs 1:6 herinner Paulus, Timotheüs "om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my (Paulus en die Apostels) hande."


Wanneer Paulus geskrywe het aan die Korinthiërs, praat hy van die gawe van die Gees (wonders, tale ens.) Maar, wanneer hy skryf aan die Romeine, 'n gemeente wat nie gebegin is "deur 'n Apostels. Paulus maak geen melding van die gawes. Die Romeine het die Heilige Gees volgens Romeine 5:5, maar Paulus verlang om hulle te sien "om genadegawes aan Hulle oor te dra" om hulle te versterk" Romeine 1:1. Hulle het geen wonderwerkende gawes want geen apostel was daar om die hande op hulle te Iê nie.


DIE HEILIGE GEES GEGEE BY DIE DOOP


In Handelinge twee, die doop van die Heilege Gees kom net op die Apostels. Hulle het die kragtige werk van God verkondig. Petrus het opgestaan met die elf Apostels en die mense vertel van Jesus. Petrus het vertel van Christus se dood, begrafnis, en opstanding uit dode, en dat Jesus aan die regterkant van God was. Handelinge 2:37 sê:


"By die aanhoor hiervan is die mense diep getref en het hulle vir Petrus en die ander Apostels gevra: "Wat moet ons doen, broeders?"

Handelinge 2:38-39 gee die antwoord van Petrus.


Toe antwoord Petrus hulle "Bekeer julle en laat elk een van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus. Dan sal God julle sondes vergewe, en sal julle die Heilige Gees as gawe ontvang Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here onse God na Hom toe sal roep."


Hierdie mense was vertel dat by die doop sal hulle vergifnis van sonde en die gawe (nie gawes) van die Heilige Gees ontvang. God gee die Heilige Gees aan die wat Hom gehoorsaam, Handelinge 5:32, maar tekens was alleenlik gegee aan die Apostels tot Handelinge 6 en vir diegene wat die Apostels hande oplê. In Handelinge 2:39 Petrus sê:

"want die belofte, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat ver is, vir almal wat die Here onse God na Hom sal roep." Die belofte is die vergifnis van sonde, en die gawe van die Heilíge Gees by die doop. Die belofte was vir die wat Petrus gehoor het, hulle kinders en die wat daar ver is. Alhowel ons daar "ver is", vanaf Pinksterdag of van om Jode te wees, die belofte is nog altyd ons sn. Ons belofte van God is dat ons sal ontvang "vergifnis van sonde en die gawe van die Heilig gees."


In Handelinge 19:1_7 het Paulus die dissipels van .Johannes vra, "Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle belowig geword het?" Hulle het nooit gehoor dat die Heilige Gees gegee is nie. Toe vra Paulus "Watter soort doop het julle dan ontvang?" Hulle het nie die Heilige Gees ontvang nie wat hulle doop was verkeerd. Hierdie manne was net gedoop in Johannes se doop. Doop vir die vergewing van sondes en die gawe van die Heilig Gees was nog nie in werking. Na hulle gedoop was in die Naam van Jesus vir hierdie beloftes, het Paulus die hande op hulle gele en hulle was instaat om in tale te praat en te profeteer.


Handeling 8:4_25, Filippus het tekens en wonders gedoen en die mense het geglo en was gedoop in die naam van Jesus. Hulle het ook die belofte ontvang van Handelinge 2:38 (vergewing van sondes en die gawe van die Heilige Gees). In teendeel die mense van Samaria het geen uiterlike gawes gehad wat sigbaar was. Hulle het geen sigbare tekens gehad totdat die Apostels Petrus en Johannes hulle die hande kom oplê. Hulle bekering was van geen waarde as hulle nie die Heilige Gees gehad nie. Romeine 8:9 sê: "As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie."


In die ander bekeringe van die boek van Handeling is `n opname gemaak dat die mense gedoop was. Voorbeelde is die ontmande Etiopier, Handelinge 8:26_40; Lydia en haar huis, Handelinge 16:11_16; bewaarder van Filippi, Handelínge 16:25-34. Almal hierdie was gedoop in geloof in die beloftes van Handelinge 2:38. As hulle niks van Christus is nie. Daar is geen rekord dat hulle die Heilige Gees op `n ander manier ontvang het nie. Daar is net een doop volgens Efesiërs 4:5. Daardie doop is onderdompeling in Christus se dood vir die vergifnis van sonde en om die Heilige Gees as gawe te ontvang.


DIE WERK VAN DIE HEILIGE GEES IN ONS LEWE VANDAG


Eerstens is die Heilige Gees "die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het," Efesiërs 1:14. Hier maak Paulus dit duidelik dat God ons beseël met sy gees tot dat ons aankom in die hemel. Die gees is aan Christene gegee om hulle te wys Hom om te "lewe sodat hy kan verheerlik word." Die Christene is beseël met die Heilige Gees tot die verlossingsdag. Maar die Heilige Gees kan bedroef word as die Christen nie toelaat dat die Heilige Gees Hom lei; Efesiërs 4:30.


Ons benodig nie help van die Heilige Gees om die Woord van God te kan skryf, maar ons benodig Sy help om dit te vefstaan. God belowe ons dit in 1 Korinthiërs 2:10_13. Die Woord van God is die instrument wat die Heilige Gees gebruik om die mens te oortuig van sy sonde. Hebreërs 4:12_13. Die swaard van die Gees is die Woord van God, Efesiërs 6:17. As `n persoon toelaat dat die Heilige Gees hom lei dan doen hy nie meer die werk van die vlees soos geskrywe in Galasiërs 5:1 & 21. As die Heilige Gees in ons lewens is, sal Hy vrug voortbring. Sy vrug is: "Liefde, vreuge, vrede, geduki, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selibeheersing.


Romeine 8:1_27 vrertel dit duidelik van die werk van die Gees om oheers oor die begeertes van die vlees. Dit vertel ook hoe die Gees ons help in ons swakhede in gebed deur bekend te maak ons "versugtinge wat níe met woorde gese kan word nie." (Hierdie is nie tale want dit kan nie met woorde Gese word nie.) Die Gees ondersoek ons harte en pleit volgens die wil van God vir die gelowiges.


Alle skrifte in gebruik is uit die Bybel Nuwe Vertaling. Waaraangedui met * uit die 1953 vertaling.

No comments: