Saturday, April 26, 2008

LES 1 - GOD

0064 - Afrikaans

Les I - GOD


Vraag 1. Wie is God?

Antwoord. God is die Skepper van hemel en aarde, en alles wat daerin is, insluitend die mens. Genesis 1 en 2.

Vraag 2. Watter vorm het God?

Antwoord. God is Gees. Johannes 4:24


Vraag 3. Wanneer het God begin?

Antwoord. Hy het geen begin. Hy was altyd daar en sal a. wees, "Van ewigheid tot ewigheid is U God." Psalms 90:2.

Vraag 4. Hoeveel Gode is daar?

Antwoord. Daar is een God. Efesiërs 4:6.

Vraag 5. Waar is God vandag?

Antwoord. Sy woning is in die hemel. Mattheus 6:9, maar Hy is ook alomteenwoordig _ beteken teenwoordig enige plek. Psalms 139:7,10.

Vraag 6. Hoe het God Homself aan Sy skepping openbaar?

Antwoord. As 'n Vader in die Aartsvaderlike dispensasie; as 'n Seurv. die Joodse; en as die Heilige Gees in die Christen.

Vraag 7. Wat was die "Aartvaderlike Dispensasie"?

Antwoord. Daardie tydperk van tyd begin van die skepping, Genesis 1, en end met die roeping van Abram, Genesis 12.



Vraag 8. Wat was die "Joodse Dispensasie"?

Antwoord. Daardie tydperk van tyd van die roeping van Abram, Genesis 12, tot Pinksterfees, A. D. 30, Hand. van die Apostels 2.

Vraag 9. Wat is die "Christen Dispensasie"?

Antwoord. Daardie tydperk van tyd van Pinksterfees, A.D. 30, Hand. 2, tot die tweede koms van Jesus Christus.

Vraag 10. By watter name was God se skepping bekend in die Aartvaderlike Dispensasie?

Antwoord. "Seuns van God" Genesis 6:2.

Vraag 11. By watter naam was God se gekiesde mense genoem in die Joodse Dispensasie?

Antwoord. Hebreërs. Genesis 40:15.

Vraag 12. By watter naam word hulle genoem in die Christen Dispensasie?

Antwoord. Christene. Hand. 11:26.

Vraag 13. Wat was die krisis gebeurtenis in elk van die drie dispensasies?

Antwoord. Eerste _ die val van die mens; tweedens _ die koms van Christus om die mens vry te koop; en derdens _ finale bevryding.

Vraag 14. Wat was God se doel in openbaring Homself aan Sy Skepping.

Antwoord. Eerste _ as 'n Vader om te sorg vir hulle; tweedens _ as n Seun om hulle te red; en derde _ as die Heilige Gees om hulle te lei.

Vraag 15. Wie is die Heilige Gees?

Antwoord. Die Heilige Gees word genoem die "Trooster". Johannes 15:26; 16:7. Ook 'n Gawe wat jy by die doop ontvang. Hand. 2:38.

Les II - DIE BYBEL

Vraag 1. Wat is die Swaard van die Gees?

Antwoord. Die woord van God. Efesiërs 6:17.

Vraag 2. Is dit belangrik vir jou om die Bybel te studeer? Antwoord. "Ja". II Timotheus 2:15.

Vraag 3. Hoeveel boeke is daar in die Bybel?

Antwoord. Ses en sestig.

Vraag 4. Hoeveel hoof afdeling is daar in die Boek? Antwoord. Twee.

Vraag 5. Wat word hulle genoem7

Antwoord. Die Ou Verbond of Ou Testament en ~f Nuwe Testament.

Vraag 6. Hoeveel afdelings in elk van die twee hoof sfdelings7 Antwoord. Vier. Hulle is: in die Ou Testament _ Wet, Gieskiedenis, Godsdiens, en Profesie; en in die Nuwe Testament _ Biografie, Geskiedenis, Apostles en Profesie.

Vraag 7. Wat vind ons in die Ou Testament?

Antwoord. Skepping (Genesis 1 en 3), Die Val van die mens (Genesis 2 en 3), die Roeping van Abram (Genesis 12), die Geskiedenis van die Hebreërse mense en die Profesies aangaande hulle, en die Hebeërse gesangboek.

Vraag 8. Wat vind jy in die Nuwe Tastamsnt?

Antwoord. Die Evangelies of biografie van Christus, die stigting van die kerk (Hand. 2), die Geskiedenis van die kerk (Hand. van die Apostels), Briewe aan kerke en indiwudue, en Profesies aangaande die koninkryk.

Vraag 9. Onder watter Verbond lewe ons vandag?

Antwoord. Die Nuwe Verbond of die Nuwe Testament.

Vraag 10. Wat openbaar die Nuwe Testament aan ons7 Antwoord. Feite om te glo. Opdragte word gehoorsaam moet word; waarskuwings wat op gelet moet word; en Belofites wat geniet moet word.

Vraag 11. Wat moet ons met die Bybel doen?

Antwoord. Dit lees; dit studeer; dit onderdan; dit aangee.

Les I I I - SONDE

Vraag 1. Wat is sonde?

AntWoord. Sonde is 'n oortreding van die wet I Johannes 3:4; 5:17; Rorneine 14:23; Jakobus 4:17.

Vraag 2. Wanneer het sonde begin?

Antwoord. Die eerste sonde was gepleeg van Eden. Genesis 3:1_8.

Vraag 3. Wie het sonde gepleag?

Antwoord. Almal wat by die ouderdom van toeberekenheid is Rom. 3:10,23.

Vraag 4. Wat is die gevolge van sonde?

Antwoord. Dood en vervreemding van God. 1:21; Efesieërs

Vraag 5. Hoeveel soorte sonde is daar?

Antwoord. Daar is twee soorte sonde _ opsetlike en onopsetlike. I Johannes 1:10; 5:18.

Vraag 6. Hoe is ons bevry van sonde?

Antwoord. Deur die bloed van Jesus Christus. I Johannes 1:7

Vraag 7. Wie kan sonde vergewe?

Antwoord. Geen mense kan sonde vergewe nie. Christus alleen het die krag en dit is aan Hom gegee deur die Vader, Mattheüs 9:6, I Johannes 1:9.

Vraag 8. Wie oortuig ons van sonde?

Antwoord. Die Heilig Gees deur die Woord van God. Johannes 16:8_11.

Vraag 9. As ons sondig na ons 'n Christen geword het, wat moet ons doen om vergewe te word?

Antwoord. Eers moet ons ons sonde belei aan Christus en deur gebed, vra Sy vergifnis. Dan met die hulp van Sy krag moet ons strewe om nie meer te sondig nie. Hand. 8:22.

Vraag 10. Wat is die straf vir sonde?

Antwoord. Eerste, dood en tweedens, ewige veroordeling. Mattheüs 25; II Petrus 2:9; Openbaring 21:8.

Les IV - REDDING

Vraag 1. As "die loon van die Sonde is die dood.en genade gawe van God is die ewige lewe", hoe verkry ons die gawe?

Antwoord. Deur Jesus Christus onse Redder. Johannes 3:16; Romeine 6:23.

Vraag 2. Hoe is ons gered?

Antwoord. Ons is gered deur genade. Efesiërs 2:8

Vraag 3. Wat is dia betekenis van "genade"?

Antwoord. Guns. Die guns wat God aan ons verleen om ons die reg te gee om verlos te word.

Vraag 4. Hoeveel dele is daar in redding?

Antwoord. Daar is twee dele, God se deel en die mens se deel.

God se deel is volledig want Hy het in Christus die wêreld met Homself versoen (II Kor. 5:19). Die mens se deel word bepaal aan die aanneming van God en gehoorsaamheid aan die opdragte van die Here. Mark 16:16.

Vraag 5. Wat is die mens se deel in redding?

Antwoord. 'n Mens moet hoor of luister of ag gee aan God se Woord. Rom. 10:17.

Vraag 6. Wat kom deur gehoor?

Antwoord. Geloof.

Vraag 7. Is geloof noodsaaklik?

Antwoord. Ja. Hereërs 11:6.

Vraag 8. Wat is geloof?

Antwoord. Dit word genoem die "vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie." Heb. 11:1. Dit kan wees om in God te glo in alles wat Hy sê in Sy Boek oor al die onderwerpe wat daarin bespreek word.

Vraag 9. Wat moat ons glo om hierdie toestand van redding te verkry?

Antwoord. Ons moet glo dat Jesus is die Christus, die Seun van die lewende God. Mattheus.l6:16_18; Hand. 8:37.

Vrsag 10. Wat is die volgende trap na geloof?

Antwoord. Besluit om om te draai, om onsself te bevry van sonde en om nie meer langer in die ou paaie te wandel nie; dit word genoem bekering. Dit meen verander van die paaie van sonde na die paaie van geregtigheid. Lukas 13:3; Hand. 2:38

Vraag 11. Wat moet ons daarna doen?

Antwoord. Bely onse geloof in Christus. Mattheüs 10:32; Romeine 10:9,10.

Vraag 12. Wat bely ons?

Antwoord. Ons, se geloof in Jesus Christus as die Seun van die lewende God en in hierdie Belydenis_herken ons Hom as Verlosser en Here. Matheus 16:16.

Vraag 13. Wat is die volgende trsp?

Antwoord. Ons moet gedoop word tot vergifnis van onse sonde, want ons word so beveel in God se Woord. Hand. 2:38; 10:48; 22:16; Rom. 6:3,4; Galasiërs 3:27.

Vraag 14. Wat word doop genoem in die Nuwe Testament?

Antwoord. Dit word genoem 'n dood, begrafnis en opwekking, Rom. 6:3,4; saamgegroei Rom. 6:5; 'n geboorte in Johannes 3:5 en in afwas in Hand. 22:16.

Vraag 15. Wat is Christen Doop dan?

Antwoord. Die begrafnis van 'n Goetvaardige gelowige in water deur die gesag van Jesus Christus, in die naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees tot vergewing van sonde. Matthëus 28:19.

Vraag 16. Wanneer hierdie vernasmste stappe van gehoorsaamheid voltooi is, by watter naam is ons bekend?

Antwoord. Christen. Hand. 11:26.

Les V - DIE KERK

Vraag 1. Wie is die lede van die Kerk?

Antwoord. Die gereddes., Hand. 2:47.

Vraag 2. Wat word die Kerk genoem?

Antwoord. Die Liggaam van Christus. Efesiërs 5:23; Kol. 1:18. Die Griekse woord "Ecclesia," beteken die uitgeroepdes, sal aandui dat die kerk die liggaam van gedoopte gelowiges is geroep uit die wêreld na 'n lewe van geregtigheid.

Vraag 3. Wanneer was die Kerk gestig?

Antwoord. Op die eerste Pinksterfees na die opstanding van Christus, A.D. 30. Hand. 2.

Vraag 4. Watter naam moet die Kerk dra?

Antwoord. Die Gemeente. Filippense 3:6. Die Gemeente van Christus. Rom. 16:16; Matt. 16:18; Gemeente van God. I Kor. 1:2.

Vraag 5. Wat moet die Gemeente doen?

Antwoord. Die wil van die Hoof, naamlik Christus. Kol. 1:18.

Vraag 6. Wat is die wil van Christus?

Antwoord. Dat almal gered moet wees en dat Sy dissipels een moet wees. Matt. 28:18_20; Johannes 17; II Pet. 3:9.

Vraag 7. Hoeveel Gemeentes moet daar wees?

Antwoord. Een want daar is net een Christus en Hy is die Hoof van die Gemeente wat Sy liggaam is, natuurlik dan moet daar net een Kerk wees. Efesiërs 4. Verdeeldheid is afgekeur in I Kor. 3.

Vraag 8. Wie se mag is die grootste in die Gemeente?

Antwoord. Christus s'n. Mattheüs 28:18.

Vraag 9. Is dit noodsaaklik vir die Gemeente om elke week bymekaar te kom?

Antwoord. Ja. Heb. 10:19_25.

Vraag 10. Waarom moet die Gemeente bymekaar kom? Antwoord. Om die Here Jesus en Sy gebooie te onthou, en om so te doen die voorbeeld te volg van die Nuwe Testament Gemeente wat "volhard het in die leer van die Apostels en in die gemeenskap, en in die breking van die brood en in die gebede." Hand. 2:42. Dit vorm wat ons noem aanbidding.

Vraag 11. Wat is die middelpunt van onse aanbidding? Antwoord. Die Heer se Tafel wat elke eerste dag van die week voor berei word. Hand. 20:7.



LES VI - DIE HEER SE NAGMAAL

Vraag 1. Wat is twee wette van Christis?

Antwoord. Christen Doop en die Heer se Nagmaal, somtyds genoem die Nagmaal Diens.

Vraag 2. Wat is die Here se Nagmaal?

Antwoord. 'n Tafel belaai met twee elemente, naamlik, ongesuurde brood en ongegisde sap van die druif; wat genoem die vrug van die wynstok. I Kor. 11:23_29.

Vraag 3. Wie het hierdie nagmaal ingestel?

Antwoord. Christis op die nag van Sy verraad. 1 Kor. 11:17_34; Mat. 26:26_30.

Vraag 4. Wat stel die twee elemente voor?

Antwoord. Die brood stel Sy gebroke liggaam en die vrug van die wynstok, Sy gestorte bloed voor.

Vraag 5. Hoe belangrik is hierdie Heer se Nagmaal?

Antwoord. Jesus sê in Johannes 6:52_59. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en Sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julle self nie. Ons ewige lewe en opstanding hangaf aan ons eet en drink van die maal.

Vraag 6. Hoe dikwels moet ons deel neem aan hierdie? Antwoord. Ons moet deel neem elke keer die tafel berei word, menslik moontlik.

Vraag 7. Watter ander voordele is daar in die Nagmaal diens?

Antwoord. Ons herinner die Heer se dood tot Hy weer kom. I Kor. 11:26. Apart hiervan is daar ook die gemeenskap wat ons met mekaar het en die gemeenskap wat ons met God het.

Vraag 8. Wie word toegelaat om rondom die tafel te wees? Antwoord. Dit is Christus se tafel, ons kan ook nie nooi ook nie verhinder.

Vraag 9. Wat as ons op 'n onwaardige manier deelneem? Antwoord. Ons sal skuldig wees aan die dood van ons Here 1Kor. 11:27.

Vraag 10. Hoe kan ons weghou om in 'n onwaardige manier deel te neem?

Antwoord. Om ons self voor te berei, wat beteken om te doen wat Paulus voorstel in I Kor. 11:27_29 en deur 'n goeie Christen lewe te leef so naby as wat menslik moontiik is.

Les VII - BESTIERDERSKAP

Vraag 1. Wat bedoei ons met Bestierderskap?

Antwoord. Die lewe van ons lewe vir Christus wat bedoel dat alles wat ons is en het en hoop om te wees is Syne. Ons lewe vir en met Hom. Gal. 2:20.

Vraag 2. Hoe veel van ons tyd benodig die Here?

Antwoord. AI ons tyd behoort aan Hom, maar spesieklik met ons Hom die Here se Dag gee.

Vraag 3. Wat van ons talente?

Antwoord. Al ons talente is ook Syne en ons word verplig om dit te gebruik vir Sy glorie. Rom. 12:1,2; I Kor. 6:20; Kol. 3:17.

Vraag 4. Hoeveel van ons geld behoort aan Hom?

Antwoord. Ons is Sy bedienaars. Ons het geen geld van ons eie nie, Hy laat ons toe as bedienaars om die groter aandeel te gebruik wat ons gemaak het maar Hy verwag Sy deel. I Kor. 4:2; Mal. 3:10.

Vraag 5. Wat was die Joodse standard van gawe?

Antwoord. Tiendes en offergawes.

Vraag 6. Wat is die Christen standard?

Antwoord. Alles. Dit moet meer as die Jode wees, want God het alles gedoen vir ons.

Vraag 7. Vir watter doel moet ons onse tyd, talente, geld en onw lewe gebruik?

Antwoord: Om Christus te verheerlik, om onsself te red en om andere te red by die huis en buitelands. Rom. 12:1,2; I Kor. 6:19,20.

Vraag 8. Sal ons moet rekenskap gee vir ons bedienaarskap?

Antwoord. Mees ongetwyfeld. I Kor. 4:2.

Vraag 9. Wat sal gebeur as ons ontroubare bedienaars was?

Antwoord. Ons word geleer dat die ontroubare bedienaar sal verwerp word deur sy Heer. Lukas 16:1_13.

Vraag 10. Wat as ons troubare bedienaars is?

Antwoord. Matthes 25:14_30.

LES VIII - CHRISTENLIKE LEWE

Vraag 1. Is dit noodsaaklik vir ons om te groei as Christene?

Antwoord. Ja. II Petrus 1:5_11

.

Vraag 2. Noem die sewe genades wat ons die meeste as voorbeeld as Christene moet dien?

Antwoord. Deug; Kennis, Selfbeheersing, Lydsaamheid, Godsvrug, Broederliefde en Naaste Liefde.

Vraag 3. Wat sal ons help in ons Christen groei?

Antwoord. Gebed. Johannes 15:7.

Vraag 4. Wat is gebed?

Antwoord. Gesprek met God in die naam van Jesus Christus.

Vraag 5. Hoe dikwels moet ons bid?

Antwoord. Bid sonder ophou. I Thessalonicense 5:17.

Vraag 6. Waar vind ons die voorbeeldige gebed?

Antwoord. Mattheüs 6:9_12.

Vraag 7. Hoe moet ons bid?

Antwoord. In geloof, sonder om te twyfel. Jakobus 1:16. Asook, in ooreen stemming met God se wil en Sy belofte aan ons.

Vraag 8. Wat anders sal ons help om te groei?

Antwoord. Die studie van God se Woord want daarin vind ons Sy wil wat ons betref. II Tim. 2:15; 3:14_17.

Vraag 9. Wanneer, deur te studeer dan ken ons God's wil wat ons betref, wat moet ons doen?

Antwoord. Ons moet gehoorsaam en Sy wil doen tot die beste van ons vermoë. Jak. 1:22.

Vraag 10. Wat anders sal ons help in Christen groei?

Antwoord. Gereelde en getroue bywoning by die Kerk dienste. Heb. 10:25.

Vraag 11. Watter deel sal prediking speel in onse groei? Antwoord. Dit sal baie leer, want prediking is die aankondiging van God se wil soos geopenbaar in die Woord van God deur Christus.

Vraag 12. Wat dan word vereis van my as 'n Christen in groei?

Antwoord. Werk julle eie heil uit met vrees en bewing. Filippense 2:12.

Vraag 13. Hoe sal ek die meeste kry uit my Christenskap? Antwoord. Om dit uit te lewe elke dag in 'n poging om goed innemend te wees aan Hom en om dit te deel met andere oor die wêreld was beveel in Matt. 28:19,20; Kol. 3:17.

No comments: